Welkom by J.A. Malherbe Primêre Skool. Hier op die “Algemene Inligting”-bladsy vind u alles wat u as ouer of voornemende ouer moet weet. Ons streef daarna om ‘n deursigtige en oop kommunikasie-omgewing te skep, sodat u altyd ingelig en deel van ons skoolgemeenskap voel. Hieronder is ‘n oorsig van ons daaglikse bedrywighede, beleide en praktiese reëlings wat bydra tot die sukses en geluk van elke kind.

Skoolure

Ons skoolure is so gestruktureer om die beste leerervaring vir elke fase te verseker, terwyl ons ook die behoeftes van ons kleuterskool in ag neem.

  • Grondslagfase (Gr. 1–2): 07:30 – 13:00

  • Intermediêre fase (Gr. 3–7): 07:30 – 14:30

Skooldrag

Ons skooldrag speel ‘n belangrike rol in die skep van ‘n gevoel van eenheid en trots. Ons versoek dat leerders altyd netjies en in die korrekte drag geklee is.

Somersdrag:
  • Dogters: Blou rokkies, wit kort skoolkouse, swart skoolskoene.
  • Seuns: Grys kort skoolbroek, lang grys kouse, wit kortmou skoolhemp, swart skoolskoene met veters.
Wintersdrag:
  • Dogters: Navy lang broek, wit kort skoolkouse, swart skoolskoene, navy trui/pullover, skoolbaadjie.
  • Seuns: Grys lang broek, das, grys kouse, swart skoolskoene, navy trui/pullover, skoolbaadjie.

Skoolgelde

Ons streef daarna om uitnemende onderwys bekostigbaar en toeganklik te maak. Skoolgelde is R980 per kind per maand. Vir diegene wat jaarliks betaal, bied ons ‘n 10% afslag, wat die totale jaarlikse bedrag op R10 584 te staan bring.

Dissiplinêre Beleid

By J.A. Malherbe volg ons ‘n debiet-puntestelsel, in lyn met ons Christelike waardes, om ‘n veilige en gedissiplineerde leeromgewing te verseker. Ons doel is nie slegs om reëls toe te pas nie, maar om leerders te vorm tot verantwoordelike en respekvolle individue wat hul rol in die toekoms van Suid-Afrika sal kan vervul.

Ontmoet Ons Span

By J.A. Malherbe Primêre Skool is ons personeel die hart van ons skool. Elkeen is toegewyd om ‘n veilige en ondersteunende omgewing vir elke kind te skep.

Bestuurspan

  • Skoolhoof: Mnr. Bokkie Bosman

  • Intermediêre Fase: Me. Irma Brink

  • Grondslagfase: Me. Hester Benade

Onderwysers

Kriewelkampus Kleuterskool

  • Babaklas Olifantjies: Me. Elizma Els

  • 3–4 jaar Apies: Me. Charne Labuschagne

  • 4–5 jaar Beertjies: Me. Magda Odendaal

  • Graad R: Me. Nadia van der Westhuizen

  • Assistente: Babra Malindi & Jabullie Malindi

Grondslagfase (Graad 1-3)

  • Graad 1: Me. Hester Benade

  • Graad 2: Me. Danelle Wessels

  • Graad 3: Me. Nolene Doman

Intermediêre & Senior Fase (Graad 4-7)

  • Mnr. Gerrit Rautenbach: Gr. 4–5 Afrikaans, LV | Gr. 4–7 LO, Gr. 7 Tegnologie

  • Me. Windy Maartens: Gr. 4–7 Wiskunde

  • Me. Irma Brink: Gr. 6–7 Afrikaans & Engels, Gr. 6–7 Skeppende Kuns | Gr. 4–7 Kuns

  • Mnr. Bokkie Bosman: Gr. 7 SW, EBW | Gr. 4 NW

  • Me. Chene Scheepers: Gr. 4–5 Engels, Gr. 4 LV | Gr. 5–7 NW

  • Me. Carien Bosman: Ondersteuningsonderwyseres

Administratief en Ondersteuning

  • Admin: Jalet Rautenbach

  • Faktotum: Nico

  • Terreinwerkers: Dingaan, Edward, Genius

  • Skoonmaker: Alice