Waar Geesdrif en “Waak en Werk” Saam Oorwin
By J.A. Malherbe Primêre Skool is sport ‘n onlosmaaklike deel van ons skoolkultuur en die vorming van ons leerders. Ons glo dat die waardes van dissipline, spanwerk en deursettingsvermoë op die sportveld net so belangrik is as in die klaskamer. Dit is waar ons leerders leer om te “waak” oor hulself en hul spanmaats, en hard te “werk” vir elke oorwinning. Ons sportmiddae vind plaas op Dinsdae en Donderdae na skool.
Rugby
J.A. Malherbe is ‘n kragstasie in rugby. Ons o/9, o/11 en o/13-spanne neem deel aan die Riemlandliga. Al drie spanne eindig gereeld onder die top drie, met ons o/13-span wat die afgelope 3 jaar onoorwonne is. Ons lewer elke jaar Oos-Vrystaat spelers op, met verskeie Griffons-spelers wat aan nasionale toernooie deelneem. Ons is besonder trots daarop dat twee van ons seuns in 2023 en 2024 onderskeidelik gekies is om in Europa te gaan speel. Ons Bulletjie-rugbyspan speel ook ongeveer 12 wedstryde per seisoen en tel onder van die voorste spanne.
Netbal
Die netballiga skop amptelik af aan die begin van die tweede kwartaal. Ons o/11, o/12 en o/13 spanne neem deel aan die Thabo Mofutsanyana B-liga. Ons lewer gereeld Oos-Vrystaat speelsters op. Ons Mini-Netbalspanne geniet dit ook om aan 3 Mini-Netbalfeeste deel te neem.
Atletiek
Die atletiekseisoen skop vroeg in die eerste kwartaal af met ons kleurbyeenkoms wat gevul is met opwinding en groot gees. Ons is trots daarop dat ons elke jaar Oos-Vrystaat-atlete lewer, en dat ons onlangs 39 atlete na die Riemlandbyeenkoms in Bethlehem gestuur het waar hulle 2 goue, 7 silwer en 9 brons medaljes verower het.
Krieket & Hokkie
Alhoewel ons nie in ‘n amptelike liga speel nie, bied ons wel krieket vir vaardigheidsontwikkeling in die derde kwartaal aan. Ons het ook hokkie vir dogters van Graad 1 tot 7 in die derde kwartaal begin aanbied, en ons mini-hokkie dogters neem alreeds aan vriendskaplike sportdae deel.
Tennis
Elke jaar in die derde kwartaal neem ons leerders van Graad 4 tot 7 deel aan die ope-liga, waar ons teen skole soos Senekal, Frankfort, Harriston, Jordania en Ficksburg meeding
Skep, Droom, Straal
By J.A. Malherbe Primêre Skool glo ons in die ontwikkeling van die hele kind. Ons aanbod buite die klaskamer bied ‘n platform vir leerders om hul talente en belangstellings te ontdek en te ontwikkel.
Mini-sport: Ons mini-rugby, krieket en netbal aktiwiteite bou ‘n liefde vir sport van ‘n jong ouderdom af.
Ballet & Gimnastiek: Vir diegene met ‘n artistieke aanleg en ‘n liefde vir beweging.
